Search
| Login
 Die Beeld Newspaper - Childrens Book Review -

"All the People of the World" by Donald Woodburn

Maandag 5 Desember 2005 bl. 19
Beeld
Johannesburg Finaal
Boeke-Beeld onder redaksie van Elfra Erasmus

Vir die jonges

Donald Woodburn vertel hoe hy in 1997 getref is deur "hoeveel drome Suid-Afrikaners het, maar ook hoeveel selftwyfel". Hy het toe besluit om All the People of the World te skryf.

Hierdie uitbundige, kleurryke boek is sy "visie vir Suid-Afrika, 'n viering van wat ek om my sien, minus al die negatiwiteit".

Die boek vertel in versvorm van vry, gelukkige mense wat in stedelike Suid-Afrika woon, sonder vrees vir veroordeling of verwerping. Dit bekyk op 'n speelse manier sake soos verdraagsaamheid en kultuurverskeidenheid.

Die funky telboek Thandi Counts to Ten is gerig op kinders van vier tot sewe jaar en is gegrond op die beginsels van uitkomsgebaseerde onderwys.

Wanneer Thandi byvoorbeeld ses tel, het sy in die skets ses vlegseltjies, twee oorbelle in die vorm van die syfer 6 hang aan haar ore, en die goggatjie met die sonbril op die voorgrond (die "PheZulu pest") het ses pote met 'n rooi skoen aan elke voet!

Catherine Falconer gebruik in haar illustrasies ook patrone en vorms wat help met die ontwikkeling van die kind se konsep van vorm en ruimte.

 

  

 Tell a Friend

Copyright (c) 2024 Wild Woodburn Photography | Terms Of Use | Privacy Statement | WoW Interactive